Die Kuns van Emigrasie
Emigrasie is meer as net ’n fisiese verskuiwing, dit is ’n emosionele reis van verlies, aanpassing en veerkragtigheid.
Hierdie artikel ondersoek hoe die Franse beeldhouer Bruno Catalano se kuns die onafgehandelde emosies van emigrasie sigbaar maak. Deur sy halfvoltooide figure en simboliese tasse gee Catalano vorm aan die innerlike leemtes en herinneringe wat emigrante én dié wat agterbly saam met hulle dra. Sy kuns bied ’n visuele taal vir die stille pyn, hoop en aanhou beweeg wat eie is aan elke emigrasie-verhaal, n bewys dat selfs in verlies, daar steeds beweging en betekenis is.